Ou Testament

Nuwe Testament

Numeri 4:1-10 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het vir Moses en Aäron gesê:

2-3. “Tel al die Leviete tussen 30 en 50 jaar oud wat deel uitmaak van die Kehatgroep. Dit moet al die families van hierdie groep insluit, almal wat diens kan doen in die tent van aanbidding.

4. Hulle moet werk met al die voorwerpe wat spesiaal vir my diens opsy gesit is in die tent van aanbidding.

5. “Net voor die kamp opgebreek word, moet Aäron en sy seuns in die tabernakel ingaan en eers die voorste gordyn afhaal. Hulle moet dit dan oor die ark met die kliptafels daarin gooi.

6. Bo-oor die gordyn moet hulle ’n seil van gebreide velle gooi. Dan moet hulle alles met ’n groot blou doek toemaak. Daarna moet hulle die pale waarmee die ark gedra word, op die regte plekke insteek.

7. “Hulle moet ook ’n blou tafeldoek oor die tafel gooi waarop die offerbrood is wat aan die Here geoffer word. Saam met die offerbrood moet hulle ook die skottels, die bakke met die wierook, die offerbakke en die kanne met die wyn wat geoffer word, daarop neersit.

8. “Dan moet hulle ’n bloedrooi doek oorgooi en alles met ’n seil van gebreide vel toemaak. Dan moet hulle die pale insit waarmee dit gedra word.

9. “Hulle moet die kandelaar met sy lampe, tange, bakkies en kanne met olyfolie in ’n blou doek toedraai.

10. Daarna moet hulle hierdie bondel in ’n gebreide leerdoek toemaak en dit op die draagbaar neersit.

Lees volledige hoofstuk Numeri 4