Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 9:26-35 Die Boodskap (DB)

26. Maar die Israeliete was ongehoorsaam en opstandig teen U.Hulle het hulle nie aan u opdragte gesteur nie. Hulle het u boodskappers doodgemaak omdat hulle u volk gewaarsku het om U opreg te dien.Hulle het skandelike dinge aangevang.

27. Daarom het U hulle aan hulle vyande oorgelewer, wat hulle baie swaar laat lewe het.Toe dit gebeur, het hulle vinnig na U toe gehardloop en hulp gevraen U het hulle gebede verhoor, U wat in die hemel bly. Omdat U so baie vir hulle omgee, het U vir hulle leiers gestuur om hulle te help teen hulle vyande.

28. Maar die oomblik toe dit goed gaan, het hulle weer presies dieselfde goed aangevang.Daarom het U weer hulle vyande toegelaat om oor hulle te regeer. Tog, toe hulle terugkom en om verskoning vra, het U keer op keer uit die hemel weer tot hulle redding gekom. Dit het U gedoen omdat U vir hulle lief is.

29. U het hulle gewaarsku om te luister na wat U hulle leer,maar hulle was te vol van hulleself.Hulle het hulle nie aan u opdragte gesteur nie.Hulle het gelag vir u Woord, alhoewel dit lewe gee aan elkeen wat dit gehoorsaam.Hulle was moedswillig en hardkoppig.Hulle het geweier om na U te luister.

30. Vir baie jare lank was U geduldig met hulle. U het u profete met u Gees geïnspireer om hulle te waarsku dat hulle op die verkeerde pad is,maar hulle het hulle doof gehou.Daarom het U hulle aan nasies oorgelewer wat U nie ken nie.

31. Maar omdat U so ongelooflik goed is, het U hulle nie heeltemal uitgeroei of u rug vir hulle gedraai nie.U het hulle nie in die steek gelaat nie,want U is ’n God wat vol goedheid en ontferming is.

32. Ons God, hoe groot is U!U is ongelooflik sterk; almal het groot respek vir U. Omdat U vir ons omgee, hou U elke belofte van die ooreenkoms wat U gemaak het.Moet tog nie by ons verbykyk in ons ellende nie.Van die tyd van die Assiriese konings af tot vandag toe het ons almal,ons konings, ons leiers,ons priesters, ons profete,ons voorouers, ja, die hele volk, al baie swaargekry.

33. U het reg opgetree om ons te straf,U was reg; ons verkeerd.

34. Ons konings, ons leiers, ons priesters en ons voorouershet nie gedoen wat U in u wet sê nie.Hulle het hulle doof gehou vir u bevele en u waarskuwings.

35. Selfs toe hulle eie konings oor hulle regeer heten U hulle oorlaai het met net die beste in ’n vrugbare land,het hulle U nie gedien of opgehou met hulle sonde nie.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 9