Ou Testament

Nuwe Testament

Nehemia 6:13-19 Die Boodskap (DB)

13. Hulle het gehoop ek sou skrik en doen wat hy sê. Dan sou ek boonop verkeerd doen deur in die heilige deel van die tempel in te gaan. So sou hulle die kans kry om my te beskinder en te verneder voor my mense.

14. My God, onthou tog al die slegte dinge wat Tobija en Sanballat gedoen het. Straf hulle daarvoor, en ook die skynheilige profetes Noadja en al die ander vals profete soos sy wat my probeer intimideer het.

15. Na 52 dae is die werk aan die muur voltooi. Dit was op die 25ste dag van die maand Elul.

16. Toe ons vyande dit hoor en die ander volke rondom ons dit sien, het hulle grootpraterigheid soos mis voor die son verdwyn. Hulle moes erken dat ons dié werk met God se hulp gedoen het.

17. In daardie tyd was daar heelwat briefwisseling tussen Tobija en van die vooraanstaande Judeërs.

18. Baie van hulle het ’n goeie verhouding met hom gehad, want hy was die skoonseun van Sekanja die seun van Arag. Sy seun Joganan was getroud met die dogter van Mesullam seun van Berekja.

19. Hulle het my gereeld vertel wat ’n wonderlike mens Tobija was. Alles wat ek gesê het, het hulle vir hom gaan oorvertel. In reaksie het hy dan dreigbriewe na my toe gestuur om my te probeer bang maak.

Lees volledige hoofstuk Nehemia 6