Ou Testament

Nuwe Testament

Miga 5:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Betlehem is in die Efrata-gebied. Dit is eintlik maar ’n onbelangrike stadjie in vergelyking met van die ander stede in Juda. Maar die Here sê in hierdie stadjie sal ’n leier gebore word wat Hy gekies het om koning oor Israel te wees. Hy kom uit ’n familielyn wat tot baie ver in die verlede teruggaan.

2. Vir ’n tyd lank sal die Here sy mense baie swaar laat kry. Dit sal so aanhou totdat hierdie nuwe leier gebore word. Dan sal van die mense van Juda wat deur hulle vyand uit hulle land weggevat is, terugkom sodat hulle weer by hulle eie mense in Israel kan wees.

3. Hierdie leier sal sy pligte begin en sy mense lei deur die krag wat die Here vir hom sal gee. Die Here sal vir hom die gesag gee wat hy nodig het om die leier van Juda te wees. Die mense van Israel sal met hom as leier baie veilig voel, want oral oor die wêreld sal mense vir hom respek hê. Hy sal sorg dat daar vrede is,” het Miga gesê.

Lees volledige hoofstuk Miga 5