Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 56:6-11 Die Boodskap (DB)

6. Ek sal die man wat van ’n ander volk af kom en bereid is om die Here lief te hê, toelaat om na my woonplek toe te kom. Hy moet doen wat die Here van hom vra. Hy moet gewillig wees om die sewende dag reg deur te bring. Hy moet ook volgens die ooreenkoms van die Here leef.

7. Ek sal hom bly maak wanneer hy in my huis tot My kom bid. Ek sal met genoeë die diere aanvaar wat hy vir My slag en die offers wat hy op my altaar vir My bring. My huis sal ’n huis genoem word waar die nasies tot die Here kom bid.

8. My Here, wat hulle wat weggevoer is, weer bymekaarmaak en terugbring, sê: Daar is ook nog ander wat Ek saam met Israel sal laat bymekaarkom.

9. Al die wilde diere in die veld moet kom vreet. Die diere in die bos moet my volk kom verslind.

10. Die leiers wat na my volk moes kyk, is almal blind. Hulle weet nie wat aangaan nie. Hulle is soos waghonde wat nie kan blaf nie. Hulle lê net heeltyd en slaap.

11. Hulle is soos gulsige honde wat nooit genoeg kry om te eet nie. Hulle is soos mense wat skape oppas, maar nie weet waarheen om met hulle te gaan nie. Elkeen volg net sy eie kop. Hy soek net na wat vir hom goed is.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 56