Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Hierdie is die boodskap wat die Here vir Jesaja, Amos se seun, gegee het oor Juda en Jerusalem.

2. In die laaste dae sal die tempel van die Here in Jerusalem die belangrikste plek op aarde word. Mense van oor die hele aarde sal daarheen stroom om daar te kom aanbid.

3. Volke sal daarnatoe kom en vir mekaar sê: “Kom ons gaan na die berg van die Here toe, waar die tempel van Israel se God is, sodat Hy ons kan leer wat Hy van ons verwag en ons dan daarvolgens kan lewe. Want die woord van die Here kom uit Jerusalem uit en Hy maak sy wil bekend van Sion af.”

4. Die Here sal geskille tussen lande en volke oplos. Die gevolg hiervan sal wees dat hulle hulle swaarde sal smelt en eerder ploegskare daarvan sal maak. Van hulle spiese sal hulle snoeiskêre maak. Daar sal ’n einde kom aan oorlog en niemand sal meer opgelei word om te gaan veg nie.

5. Kom, afstammelinge van Jakob, kom ons leef soos die Here van ons verwag om te leef.

6. Here, U het die afstammelinge van Jakob verwerp omdat hulle hulle oorgegee het aan Mesopotamiese bygelowe en net soos die Filistyne hulle met toordery besig hou. Hulle is al net so bygelowig soos hulle nuwe vriende met wie hulle omgaan.

7. Hulle is skatryk en baie magtig met al die perde en strydwaens wat hulle besit.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2