hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66

Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2 Die Boodskap (DB)

Die volke sal na Jerusalem toe kom

1. Hierdie is die boodskap wat die Here vir Jesaja, Amos se seun, gegee het oor Juda en Jerusalem.

2. In die laaste dae sal die tempel van die Here in Jerusalem die belangrikste plek op aarde word. Mense van oor die hele aarde sal daarheen stroom om daar te kom aanbid.

3. Volke sal daarnatoe kom en vir mekaar sê: “Kom ons gaan na die berg van die Here toe, waar die tempel van Israel se God is, sodat Hy ons kan leer wat Hy van ons verwag en ons dan daarvolgens kan lewe. Want die woord van die Here kom uit Jerusalem uit en Hy maak sy wil bekend van Sion af.”

4. Die Here sal geskille tussen lande en volke oplos. Die gevolg hiervan sal wees dat hulle hulle swaarde sal smelt en eerder ploegskare daarvan sal maak. Van hulle spiese sal hulle snoeiskêre maak. Daar sal ’n einde kom aan oorlog en niemand sal meer opgelei word om te gaan veg nie.

5. Kom, afstammelinge van Jakob, kom ons leef soos die Here van ons verwag om te leef.

Hoogmoedige mense kom tot ’n val

6. Here, U het die afstammelinge van Jakob verwerp omdat hulle hulle oorgegee het aan Mesopotamiese bygelowe en net soos die Filistyne hulle met toordery besig hou. Hulle is al net so bygelowig soos hulle nuwe vriende met wie hulle omgaan.

7. Hulle is skatryk en baie magtig met al die perde en strydwaens wat hulle besit.

8. Maar hulle land is vol afgode en hulle aanbid hierdie nikswerd goed wat hulle met hulle eie hande gemaak het.

9. So laag het die mense al gedaal. Here, moenie hulle hiermee laat wegkom nie!

10. Gaan kruip weg in die grotte of in gate in die grond uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.

11. Daar kom ’n dag waarop die hoogmoediges tot ’n val kom en die verwaandes op hulle plek gesit sal word. Op dié dag sal dit net die Here wees wat geëer word.

12. Op daardie dag sal die Here almal wat verwaand en hoogmoedig is, op hulle plek sit.

13. Hy sal al die hoë sederbome van die Libanon en die groot akkerbome van Basan tot teen die grond afkap.

14. Hy sal al die berge en heuwels met die grond gelykmaak.

15. En die versterkte mure met hulle wagtorings sal Hy omgooi en vernietig.

16. Hy sal al die groot handelskepe op die oop see en in die hawens vernietig.

17-18. Op daardie dag sal die Here almal wat verwaand en hoogmoedig is op hulle plek sit, en al die afgode sal vernietig word. Net die Here alleen sal geëer word.

19. Wanneer die Here die aarde met ’n aardbewing skud, sal die mense in grotte of in gate in die grond gaan wegkruip uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.

20. Op daardie dag sal hulle hulle wonderlike goue en silwerafgode net daar in die grotte en gate laat agterbly vir die vlermuise en die rotte.

21. Wanneer die Here die aarde met ’n aardbewing skud, sal die mense in grotte en in skeure in die rotse gaan wegkruip uit vrees vir die Here en die heerlikheid van sy Goddelike majesteit wat saam met Hom kom.

22. Moenie op mense staatmaak nie, dit is net so dan blaas hulle hulle laaste asem uit. Want wat beteken ’n mens nou eintlik?