Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 8:1-2 Die Boodskap (DB)

1. Die Here sê: “In dié tyd sal die vyand die grafte van die mense wat in Jerusalem bly, oopmaak. Hulle sal geen graf uitlos nie. Hulle sal die geraamtes van die konings van Juda en die leiers uithaal. Hulle sal ook die geraamtes van die priesters, die profete van die Here en die bene van die gewone mense uit die grafte haal.

2. Hierdie bene sal hulle uitpak onder die son, die maan en die sterre. Toe hierdie geraamtes nog geleef het, het hulle mos die son, die maan en die sterre as gode liefgehad en moeite gedoen om hulle te vereer. Die bene van die mense van Jerusalem sal nie weer begrawe word nie, maar sal soos mis bo-op die grond bly lê.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 8