Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 23:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met die leiers van my mense. Hulle het nie mooi gekyk na die mense wat hulle moes versorg nie. Hulle was soos herders wat hulle skape verwaarloos het. Hulle het die mense uitmekaar laat spat en laat afdwaal.

2. Die Here, wat die God van Israel is, sê vir hierdie leiers wat na die volk moet kyk: Julle het my mense soos skape uitmekaar laat gaan. Julle was onverantwoordelik. Julle het hulle nie opgepas nie. Daarom sal Ek julle straf vir al die skade wat julle hulle aangedoen het.

3. Daar is van my mense wat sal oorleef in die lande waarheen Ek hulle verdryf het. Ek sal hulle almal bymekaarmaak,” sê die Here. “Ek sal hulle terugbring na hulle eie land waar hulle gebly het. Hulle sal baie kinders hê en weer baie meer mense word.

4. Dan sal Ek nuwe leiers vir hulle gee wat mooi na hulle sal kyk. Hulle sal nooit ooit weer bang hoef te wees nie. My mense sal ook nie weer verneder word nie. Verder sal nie een van hulle wegraak of verdwyn nie.”

5. Die Here sê verder: “Daar kom ’n tyd wanneer Ek weer ’n koning wat regtig deel is van Dawid se familie koning sal maak. Hy sal ’n verstandige koning wees. Hy sal sorg dat almal in die land regverdig behandel word. Hy sal ook doen wat reg is.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 23