Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 2:14-20 Die Boodskap (DB)

14. As ons daar is, gaan Ek haar wingerde vir haar teruggee. Ek gaan die Akorlaagte verander. Daar waar sy hartseer was oor wat gebeur het, daar gaan Ek vir haar hoop gee vir die toekoms. Sy gaan weer vir My lief word soos vroeër toe sy nog jonk was. Dit gaan wees soos in die dae toe Ek haar uit Egipte gered het.

15. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal jy vir My sê: ‘Jy is my man.’ Jy sal My nie weer ‘My leier Baäl’ noem nie.

16. Jy sal nie eens meer die naam van Baäl noem nie. Jy sal skoon vergeet wat sy naam was.

17. Ek gaan my volk teen die wilde diere beskerm. Ek gaan op daardie dag ’n ooreenkoms sluit met die wilde diere van die veld, met die roofvoëls in die lug en met die ongediertes op die grond om my mense te spaar. Ek sal die gevaar van die oorlog wegvat. Daar sal nie meer wapens wees om mee oorlog te maak nie. Hulle sal veilig in hulle land kan woon.

18. “Ek sal joune wees vir altyd. Tussen My en jou sal alles reg loop. Ons sal aan mekaar getrou wees en mekaar liefhê.

19. Ek sal altyd aan jou getrou bly. Daaraan sal jy weet dat Ek die Here is.

20. “Op daardie dag,” sê die Here, “sal Ek doen waarvoor hulle gebid het. Ek sal wolke in die lug gee. Dit sal reën op die grond wat so dors was.

Lees volledige hoofstuk Hosea 2