Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 10:10-14 Die Boodskap (DB)

10. Ek het besluit dat Ek hulle sommer self sal aanval. Die nasies sal saamstaan om teen hulle oorlog te maak. Hulle sal hulle kom straf vir alles wat hulle verkeerd gedoen het.

11. “Aan die begin was Efraim soos ’n jong bees wat geleer was om oor die graan op die dorsvloer te loop om dit uit te trap. Sy was gewillig om hierdie maklike werk te doen. Ek het toe ’n juk op haar mooi nek gesit om haar te leer om ook die lande om te ploeg. Efraim sou die sooie omploeg. Juda sou agterna kom en die grond plat eg.

12. Ek het vir hulle gesê: ‘Plant in die grond wat reg en billik is, en julle sal liefde daaruit oes. Breek met die ploeg nuwe grond oop. Soek in hierdie tyd na die Here. Hy sal dan kom en Hy sal alles wat goed en reg is, op julle laat kom soos reën wat val.”

13. “Maar julle het alles wat vol haat is in die grond ingeploeg. Julle het toe slegte dade daarvan geoes. Julle sal moet saamleef met dit wat gevolg het toe julle ander begin bedrieg het. Julle het daarop staatgemaak dat julle reg is om in die oorlog te gaan veg. Julle het vertroue gehad in julle weermag.

14. Daar gaan groot oorlog teen jou volk kom. Die skuilplekke wat jy gebou het, gaan inmekaarstort. Dit gaan ’n slagting vol bloed wees. Dit sal net so erg wees soos die dag toe Salman teen Bet-Arbel oorlog gemaak het. Toe is ma’s saam met hulle kinders doodgeslaan.

Lees volledige hoofstuk Hosea 10