Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 10:11 Die Boodskap (DB)

“Aan die begin was Efraim soos ’n jong bees wat geleer was om oor die graan op die dorsvloer te loop om dit uit te trap. Sy was gewillig om hierdie maklike werk te doen. Ek het toe ’n juk op haar mooi nek gesit om haar te leer om ook die lande om te ploeg. Efraim sou die sooie omploeg. Juda sou agterna kom en die grond plat eg.

Lees volledige hoofstuk Hosea 10

Kyk Hosea 10:11 in konteks