Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 10:1-3 Die Boodskap (DB)

1. “Israel was soos ’n wingerd. Daar het swaar druiwetrosse aan hom gehang. Hoe voorspoediger dit egter met hom gegaan het, hoe meer offerplekke het hy vir die afgode gebou. Hoe groter die oeste was wat hy bymekaargemaak het, hoe mooier was die regop klippe wat hy vir die afgode in die grond geplant het.

2. Israel sal gestraf word omdat hy ook afgode gedien het. Die Here sal al daardie offerplekke wat hulle gebou het, met die grond gelykmaak. Hy sal daardie klippe omgooi wat hulle ingeplant het.

3. Dan sal hulle sê: ‘Ons het nie meer ’n koning nie. Ons het mos nie respek vir die Here gehad nie. Maar wat maak dit in elk geval saak? ’n Koning sou nou niks vir ons kon doen nie.’

Lees volledige hoofstuk Hosea 10