Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11:24-32 Die Boodskap (DB)

24. Toe Nahor 29 was, is Tera gebore.

25. Na Tera se geboorte het Nahor nog 119 jaar geleef en ander seuns en dogters gehad.

26. Toe Tera 70 was, is sy seuns Abram, Nahor en Haran gebore.

27. So lyk Tera se afstammelinge. Tera het drie seuns, Abram, Nahor en Haran, gehad. Haran het ’n seun met die naam Lot gehad.

28. Aanvanklik het die familie in Ur van die Galdeërs gewoon. Daar het Haran gesterf. Hy is vroeg dood terwyl sy pa nog geleef het.

29. Abram is getroud en later is Nahor ook getroud: Abram met Sarai en Nahor met Milka. Milka was ’n dogter van Haran, wat ook nog ’n ander dogter gehad het met die naam Jiska.

30. Abram en Sarai het nie kinders gehad nie, want Sarai was onvrugbaar.

31. Op ’n dag het Tera besluit om te trek. Hy het sy oudste seun, Abram, sy skoondogter, Sarai, sy kleinkind, Lot, en die res van die familie gevat en getrek. Hulle is sak en pak uit Ur van die Galdeërs weg en het in die rigting van Kanaän getrek. Op pad het hulle in Haran gekom en besluit om daar te bly.

32. Tera was 205 jaar oud toe hy die dag in Haran gesterf het.

Lees volledige hoofstuk Genesis 11