Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 8:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Op daardie selfde dag het koning Ahasveros al Haman, wat die Jode se vyand was, se eiendom vir koningin Ester gegee. Ester het ook vir die koning vertel dat Mordegai familie van haar was. Die koning het Mordegai na hom toe laat kom.

2. Die koning het toe sy seëlring, wat hy van Haman af teruggevat het, afgehaal en dit vir Mordegai gegee. Ester het vir Mordegai beheer gegee oor al Haman se bates.

3. Ester het weer met die koning gaan praat. Sy het op haar knieë voor hom gaan staan en by hom gehuil. Sy het hom gesmeek om die slegte plan van Haman, die afstammeling van koning Agag van die Amalekiete, teen die Jode stop te sit.

4. Die koning het weereens sy goue septer na Ester toe uitgesteek. Sy staan toe op en sê vir hom:

5. “As dit met die koning reg is en as u van my hou, skryf asseblief ’n koninklike brief om Haman, die seun van Hammedata en ’n afstammeling van koning Agag van die Amalekiete, se opdragte te stop. Hy het beveel dat die Jode in al die provinsies doodgemaak moet word.

6. Hoe sou ek dit kon verdra om te sien hoe my volk deur so ’n ramp getref word en my eie familie uitgeroei word?”

7. Toe sê koning Ahasveros vir koningin Ester en vir Mordegai die Jood: “Kyk, ek het Haman laat ophang oor sy komplot teen die Jode en al sy bates vir Ester gegee.

Lees volledige hoofstuk Ester 8