Ou Testament

Nuwe Testament

Ester 6:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Daardie selfde nag het die koning gesukkel om aan die slaap te raak. Hy laat haal toe die geskiedenisboeke wat alles oor sy koninkryk vertel en alles wat hy al gedoen het, en laat sy personeel dit vir hom voorlees.

2. Toevallig lees hulle toe vir hom die gedeelte waar Mordegai te hore gekom het van die komplot van Bigtan en Teres, die twee paleisamptenare wat beplan het om koning Ahasveros dood te maak.

3. “Het ons Mordegai ooit hiervoor beloon of aan hom eer bewys?” wou die koning weet. “Nee,” het sy kamerpersoneel geantwoord. “Hy het niks gekry nie.”

4. “Wie is daar in die voorportaal?” wou die koning weet. Want op daardie oomblik het Haman in die voorportaal van die paleis aangekom om vir die koning te kom vra om Mordegai aan die galg, wat hy klaar gebou het, te laat ophang.

5. “Dis Haman wat daar staan,” sê die paleisamptenare toe. “Nou laat hom inkom” sê die koning.

Lees volledige hoofstuk Ester 6