Ou Testament

Nuwe Testament

Esra 5:6-15 Die Boodskap (DB)

6. Hier is nou ’n afskrif van die brief wat Tattenai, die goewerneur van Wes-Eufraat, saam met Setar-Bosnai en die ander Persiese amptenare vir koning Darius geskryf het.

7. In die brief het gestaan:Aan koning Darius. Ons groet die koning.

8. Ons wil aan die koning rapporteer dat ons na die hoofstad van Juda gegaan het. Daar word in Jerusalem ’n tempel gebou van gekapte klip en houtbalke wat in die muur vasgesit word. Hulle werk hard. Die werk vorder vinnig.

9. Ons het vir die voormanne by die werk gevra wie vir hulle gesê het hulle mag voortgaan om die tempel te bou en dit klaar te probeer maak.

10. Ons het hulle gevra om vir ons die name van hulle leiers te gee sodat ons dit vir u kan gee.

11. Hulle het ons geantwoord: “Ons aanbid die God van die hemel en die aarde. Ons is besig om ’n tempel vir Hom te bou. Die tempel is lank terug die eerste keer deur ’n groot koning van Israel gebou.

12. Omdat ons voorouers die God van die hemel kwaad gemaak het, het Hy hulle uitgelewer aan die magtige Nebukadnesar, die Galdese koning van Babel. Hy het hierdie tempel afgebreek en die volk na Babel toe weggevat.

13. Toe Kores koning oor Babel geword het, het hy reeds in die eerste jaar wat hy regeer het ’n besluit geneem dat hierdie tempel van God herbou moet word.

14. Kores het die goue en silwergoed laat haal wat Nebukadnesar destyds uit die tempel in Jerusalem weggevat en saamgevat het na sy eie god se tempel in Babel. Hy het dit vir ’n man gegee wat hy as goewerneur aangestel het. Sy naam was Sesbassar.

15. Die koning het gesê hy moet al hierdie goed gaan terugsit op hulle plek in die tempel in Jerusalem sodra die tempel weer gebou is op die plek waar dit vroeër gestaan het.

Lees volledige hoofstuk Esra 5