Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 7:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Die Here het toe weer met my gepraat.

2. Hy het vir my gesê: “Ek is die Here jou God. Sê nou vir Israel: Mens, die einde van alle dinge kom een van die dae. Dit is voor die deur! Na watter kant toe jy ook al kyk, of dit na die ooste of die weste of die noorde of die suide is, dis klaar met jou land.

3. Daar’s geen hoop meer oor vir jou nie, want jy het My baie kwaad gemaak. Ek gaan jou straf. Ek roep jou nou nader sodat jy verslag kan kom doen oor al die vieslike dade wat jy aangevang het.

Lees volledige hoofstuk Esegiël 7