Ou Testament

Nuwe Testament

Esegiël 25:14-17 Die Boodskap (DB)

14. En Ek sal my volk, Israel, gebruik om dit te doen. Hulle sal wraak neem op die mense van Edom omdat Ek Edom straf vir sy slegte dade. Daardie dag sal Edom weet dat dit Ek is wat dit gedoen het. Dit is Ek, die Here, die God van Esegiël, wat gepraat het.”

15. Toe het die Here, die God van Esegiël, verder gepraat: “Die Filistyne het lelik met Juda gemaak. Hulle wou Israel vernietig omdat hulle al jare lank vir hulle kwaad is.

16. Daarom gaan Ek, die Here, Esegiël se God, die Filistyne gryp en hulle met die vuis bykom. Ek gaan hulle heeltemal uitroei. Ja, Ek gaan hierdie mense wat langs die see woon, heeltemal verwoes.

17. Ek gaan my wraak oor hulle uitstort en Ek gaan hulle straf soos hulle verdien. Wanneer Ek dit gedoen het, sal die Filistyne weet dat Ek die Here is.”

Lees volledige hoofstuk Esegiël 25