Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31:10-17 Die Boodskap (DB)

10. die klere wat hulle moet dra wanneer hulle by die tent werk, Aäron se klere en die klere wat sy seuns moet dra,

11. ook die salfolie en die wierookmengsel - alles wat Ek gesê het jy moet maak.”

12. Verder het die Here ook nog vir Moses gesê

13. om vir die Israeliete te sê: “Die belangrikste van alles is my rusdae. Julle moet my rusdae hou. Die rusdag is die belangrikste teken oor al die geslagte heen dat daar ’n ooreenkoms tussen My en julle bestaan. Dit is die teken dat Ek die Here is en dat Ek julle my volk gemaak het.

14. Julle moet altyd op die sewende dag rus. Julle doen dit ter wille van My. Die persoon wat hom nie aan die rusdag steur nie, moet doodgemaak word. Iemand wat op die rusdag maar net aangaan met sy werk asof daar nie ’n ooreenkoms met My is nie, hoort nie by my volk nie. Hy moet beslis weggejaag word.

15. Julle kan ses dae lank aangaan met julle werk. Op die sewende dag moet daar uit eerbied vir die Here heeltemal opgehou word met die werk. As iemand moedswillig is en maar net eenvoudig aangaan met sy werk, moet hy doodgemaak word. “

16. Vir die Israeliete en vir hulle nageslag is die rusdag ’n ooreenkoms met die Here wat vir altyd staan. Daarom moet hulle sorg dat hulle dit altyd hou.

17. Dis vir altyd ’n teken dat daar ’n ooreenkoms tussen My en Israel is. Die Here het die hemel en die aarde in ses dae gemaak. Hy het op die sewende dag opgehou om weer asem te skep en uit te rus.”

Lees volledige hoofstuk Eksodus 31