hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40

Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 31 Die Boodskap (DB)

Die Here gee aan bepaalde mense

1. Die Here het verder met Moses gepraat:

2. “Ek het Besaleël gekies om die voorman te wees wanneer die tent gemaak word. Hy is Uri se seun. Sy oupa is Gur. Hulle is uit die stam van Juda.

3. My Gees gee vir hom die verstand en die insig, die kennis en die vaardigheid

4. om dinge te ontwerp en dit dan van goud of silwer of koper te maak.

5. Hy kan met edelstene werk en houtsnywerk doen en enige kunswerk maak.

6. Ek het ook Oholiab die seun van Agisamak uit die stam van Dan gekies om saam met hom te werk.“Ek het aan verskillende mans wat fluks is met hulle hande die vaardigheid gegee om die tent te maak soos Ek vir jou beduie het.

7. Hulle sal die tent maak waar Ek en julle mekaar gaan ontmoet. Hulle sal ook die ark maak waarin die bewys van ons ooreenkoms gehou moet word, die deksel wat bo-op pas, die gereedskap wat in die tent gebruik word,

8. die tafel waarop die brode uitgestal word, saam met sy toerusting, die ligstaander wat lig gee in die tent en alles wat daarvoor nodig is, die kleiner altaar vir die wierook en

9. die groot altaar buite waarop die offers verbrand moet word, saam met sy gereedskap, die koperbak op sy voetstuk waar die werkers hulleself was voor hulle in die tent gaan werk,

10. die klere wat hulle moet dra wanneer hulle by die tent werk, Aäron se klere en die klere wat sy seuns moet dra,

11. ook die salfolie en die wierookmengsel - alles wat Ek gesê het jy moet maak.”

Die rusdag: ’n teken van die

12. Verder het die Here ook nog vir Moses gesê

13. om vir die Israeliete te sê: “Die belangrikste van alles is my rusdae. Julle moet my rusdae hou. Die rusdag is die belangrikste teken oor al die geslagte heen dat daar ’n ooreenkoms tussen My en julle bestaan. Dit is die teken dat Ek die Here is en dat Ek julle my volk gemaak het.

14. Julle moet altyd op die sewende dag rus. Julle doen dit ter wille van My. Die persoon wat hom nie aan die rusdag steur nie, moet doodgemaak word. Iemand wat op die rusdag maar net aangaan met sy werk asof daar nie ’n ooreenkoms met My is nie, hoort nie by my volk nie. Hy moet beslis weggejaag word.

15. Julle kan ses dae lank aangaan met julle werk. Op die sewende dag moet daar uit eerbied vir die Here heeltemal opgehou word met die werk. As iemand moedswillig is en maar net eenvoudig aangaan met sy werk, moet hy doodgemaak word. “

16. Vir die Israeliete en vir hulle nageslag is die rusdag ’n ooreenkoms met die Here wat vir altyd staan. Daarom moet hulle sorg dat hulle dit altyd hou.

17. Dis vir altyd ’n teken dat daar ’n ooreenkoms tussen My en Israel is. Die Here het die hemel en die aarde in ses dae gemaak. Hy het op die sewende dag opgehou om weer asem te skep en uit te rus.”

Die plat klippe: ’n getuienis van sy ooreenkoms

18. Toe die Here op Sinaiberg klaar met Moses gepraat het, het Hy vir hom die twee plat klippe gegee. Die klippe is die bewys van sy ooreenkoms met Israel. Die Here het self op die klippe die reëls vir sy ooreenkoms neergeskryf.