Ou Testament

Nuwe Testament

Eksodus 19:19-25 Die Boodskap (DB)

19. Die trompet het al hoe harder geblaas. Moses het met God gepraat en die Here het hom met donderslae geantwoord.

20. Die Here het afgekom na die top van berg Sinai toe. Hy het vir Moses geroep om op te klim boontoe. Moses het daarnatoe opgeklim

21. en die Here het daar vir hom gesê: “Klim af en gaan waarsku die volk dat hulle nie by die lyn wat jy om die berg gespan het, moet probeer verbykom nie. Hulle moet nie kom probeer kyk hoe die Here lyk nie. Almal wat by die lyn probeer verbykom, sal dood neerval.

22. Selfs die mense wat vir My offers bring, moet op ’n veilige afstand bly staan as hulle nie wil hê die Here moet iets met hulle laat gebeur nie.”

23. Moses het vir die Here gesê: “Die volk kan nie hier teen die berg uitklim nie. U het ons tog self gewaarsku om dit af te sper omdat dit die plek is wat vir U eenkant gehou word.”

24. “Goed,” sê die Here vir Moses, “gaan dan nou terug en dan kom jy weer en bring hierdie keer vir Aäron saam met jou. Maar onthou, die mense wat die offers bring en die mense van die volk mag nie verby daardie lyn kom wat jy gespan het nie. Hulle mag nie na die Here probeer opklim nie. As hulle dit doen, sal Ek hulle doodmaak.”

25. Moses het toe na die volk toe afgeklim en hulle gaan waarsku.

Lees volledige hoofstuk Eksodus 19