Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 32:15 Die Boodskap (DB)

“Maar Israel het gou-gou vet en lui geword. Die Here het Israel baie liefgehad en hulle bederf. Maar Israel het so vet geword dat hulle nie meer moeite wou doen nie. Toe het hierdie volk nie meer na die Here geluister nie. Hulle het die God wat hulle gemaak het, weggestoot. Hoe dom was hulle nie! Israel was so vol van hulleself dat hulle hulle nie meer aan God gesteur het nie. En dit is die God wat hulle gered het toe hulle in die nood was! Israel het die Rots verwerp waarop hulle hul lewe gebou het.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 32

Kyk Deuteronomium 32:15 in konteks