Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:3-12 Die Boodskap (DB)

3. Onder geen omstandighede mag jy iemand meer as 40 houe met ’n sambok laat slaan nie. As jy iemand meer as 40 houe slaan, verneder jy hom voor ander mense. Dis nie ’n goeie ding nie.

4. “Wanneer jy ’n os gebruik om jou graan uit te trap, mag jy nie sy bek toebind sodat hy nie van die graan kan vreet nie.

5. “Twee broers bly dalk saam. Een van hulle gaan dood sonder dat sy vrou vir hom ’n seun gegee het. Sy vrou mag dan nie met iemand trou wat nie familie van haar oorlede man is nie. Nee, sy moet eerder met haar oorlede man se broer trou. Haar nuwe man moet dan ’n seun by haar hê wat na haar oorlede man vernoem kan word.

6. Haar eerste seun by haar nuwe man is dan eintlik die seun van haar eerste man. Só sal haar oorlede man nie deur die volgende geslag vergeet word nie. Sy naam sal in Israel onthou word.

7. “Maar sê nou die tweede broer weier om met sy oorlede broer se weduwee te trou? Dan moet die weduwee na die ingang van die stad gaan waar die leiers van die stad sit. Sy moet vir hulle sê: ‘My oorlede man se broer weier om met my te trou en ’n kind by my te hê sodat my oorlede man onthou kan word. Hy weier om die regte ding te doen.’

8. “Dan moet die leiers van die stad hierdie man roep en met hom praat. Hulle moet vir hom verduidelik hoekom dit belangrik is dat hy met sy oorlede broer se weduwee moet trou. Maar as hy weier om te doen wat hulle vir hom sê, en hy weier om met hierdie vrou te trou,

9. moet die weduwee oor hom stap waar hy plat op die grond lê. Sy moet sy sandaal uittrek en in sy gesig spoeg. Dan moet sy sê: ‘Dis wat gebeur met ’n man wat weier om ’n seun te hê by sy oorlede broer se weduwee.’

10. “Agterna moet al die mense van Israel na hierdie familie verwys as ‘die familie van die man wie se sandaal uitgetrek is’.

11. “Sê nou twee mense van jou volk baklei. Die een man se vrou probeer haar man help om die geveg te wen en gryp die ander man aan sy skaamdele.

12. Dan moet jy haar hand afsny. Jy mag glad nie vir haar jammer wees nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25