Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 25:1-8 Die Boodskap (DB)

1. “Sê nou twee mans vat mekaar hof toe oor iets waaroor hulle nie saamstem nie. Die landdros bepaal wie reg is. Hy sê hierdie man wat reg gedoen het, is onskuldig en daardie man wat verkeerd gedoen het, is skuldig.

2. Dalk bepaal hy dat die ander man wat skuldig is, as straf met ’n sambok geslaan moet word. Wanneer hy geslaan word, moet die landdros by wees. Die man moet voor die landdros op die grond gaan lê. Dan moet hulle hom slaan. Die landdros moet tel dat hy slegs die aantal houe kry wat die hof hom opgelê het.

3. Onder geen omstandighede mag jy iemand meer as 40 houe met ’n sambok laat slaan nie. As jy iemand meer as 40 houe slaan, verneder jy hom voor ander mense. Dis nie ’n goeie ding nie.

4. “Wanneer jy ’n os gebruik om jou graan uit te trap, mag jy nie sy bek toebind sodat hy nie van die graan kan vreet nie.

5. “Twee broers bly dalk saam. Een van hulle gaan dood sonder dat sy vrou vir hom ’n seun gegee het. Sy vrou mag dan nie met iemand trou wat nie familie van haar oorlede man is nie. Nee, sy moet eerder met haar oorlede man se broer trou. Haar nuwe man moet dan ’n seun by haar hê wat na haar oorlede man vernoem kan word.

6. Haar eerste seun by haar nuwe man is dan eintlik die seun van haar eerste man. Só sal haar oorlede man nie deur die volgende geslag vergeet word nie. Sy naam sal in Israel onthou word.

7. “Maar sê nou die tweede broer weier om met sy oorlede broer se weduwee te trou? Dan moet die weduwee na die ingang van die stad gaan waar die leiers van die stad sit. Sy moet vir hulle sê: ‘My oorlede man se broer weier om met my te trou en ’n kind by my te hê sodat my oorlede man onthou kan word. Hy weier om die regte ding te doen.’

8. “Dan moet die leiers van die stad hierdie man roep en met hom praat. Hulle moet vir hom verduidelik hoekom dit belangrik is dat hy met sy oorlede broer se weduwee moet trou. Maar as hy weier om te doen wat hulle vir hom sê, en hy weier om met hierdie vrou te trou,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 25