Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:14-20 Die Boodskap (DB)

14. Maar die vroue en kinders en die vee en ander besittings wat jy in die stad kry, mag jy vir jouself hou. Geniet die besittings van jou vyande omdat dit die Here jou God is wat jou vyande in jou mag oorgee.

15. Maar hierdie opdragte geld net vir stede wat ver buite jou grense val. Met die stede en dorpe van die nasies wat naby aan jou bly, moet jy anders maak.

16. “Met die stede van die nasies wat die Here jou God vir jou gee om in te gaan bly, moet jy so maak: jy moet alles doodmaak wat in hierdie stede leef, sonder om enigiets te verskoon.

17. Jy moet die Hetiete en die Amoriete, die Kanaäniete en die Feresiete, die Hewiete en Jebusiete voor die voet uitroei. Jy moet hulle as ’n offer aan My vernietig. Niks en niemand van hulle mag oorbly nie. So beveel die Here jou God jou.

18. Dit sal keer dat hierdie mense, die mense wat nou in jou land bly, jou op die ou end dinge leer en jy die afskuwelike dinge begin doen wat hulle doen, en die afgode aanbid wat hulle dien. As jy hierdie dinge doen, sal jy jouself van die Here losmaak en sal Hy jou daarvoor straf.

19. “As jy ’n stad aanval, kan dit gebeur dat dit ’n lang tyd neem voor jy uiteindelik die geveg wen. Dan mag jy nie die bome in daardie omgewing uitroei nie. Ja, jy mag van die bome se vrugte eet, maar jy mag nie die bome afkap nie. Die bome is nie jou vyande dat jy hulle moet aanval nie! Bome is kos vir die mens.

20. Die bome wat nie vrugte dra nie en daarom nie veel beteken nie, mag jy wel afkap. Van daardie bome se hout moet jy die gereedskap maak wat jy nodig het om die stad mee aan te val tot die stad uiteindelik die knie voor jou buig.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20