Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 20:12-18 Die Boodskap (DB)

12. Maar as die mense nie belangstel in die vrede wat julle vir hulle aanbied nie en hulle klaarmaak om teen jou te baklei, moet jy hulle stad aanval.

13. As die Here jou God hierdie stad vir jou gee en jy die geveg wen, moet jy elke man doodmaak wat in die stad bly.

14. Maar die vroue en kinders en die vee en ander besittings wat jy in die stad kry, mag jy vir jouself hou. Geniet die besittings van jou vyande omdat dit die Here jou God is wat jou vyande in jou mag oorgee.

15. Maar hierdie opdragte geld net vir stede wat ver buite jou grense val. Met die stede en dorpe van die nasies wat naby aan jou bly, moet jy anders maak.

16. “Met die stede van die nasies wat die Here jou God vir jou gee om in te gaan bly, moet jy so maak: jy moet alles doodmaak wat in hierdie stede leef, sonder om enigiets te verskoon.

17. Jy moet die Hetiete en die Amoriete, die Kanaäniete en die Feresiete, die Hewiete en Jebusiete voor die voet uitroei. Jy moet hulle as ’n offer aan My vernietig. Niks en niemand van hulle mag oorbly nie. So beveel die Here jou God jou.

18. Dit sal keer dat hierdie mense, die mense wat nou in jou land bly, jou op die ou end dinge leer en jy die afskuwelike dinge begin doen wat hulle doen, en die afgode aanbid wat hulle dien. As jy hierdie dinge doen, sal jy jouself van die Here losmaak en sal Hy jou daarvoor straf.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 20