Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 20:1-5 Die Boodskap (DB)

1. ’n Man met die naam Seba was toevallig in Gilgal. Hy was Bikri se seun uit die stam van Benjamin. Hy was ’n regte niksnut. Hy het op ’n ramshoring geblaas en geskree: “Ons het niks met Dawid te doen nie! Die seun van Isai is nie van ons mense nie! Kom ons gaan huis toe, Israeliete!”

2. Al die Israeliete het vir Dawid gelos en is saam met Seba, seun van Bikri. Maar die mans van Juda het by hulle koning gebly en saam met hom gegaan van die Jordaanrivier af tot by Jerusalem.

3. Toe Dawid in sy paleis in Jerusalem kom, het hy die tien haremvroue wat hy daar gelos het om die paleis op te pas gevat en hulle eenkant in ’n huis laat oppas. Hy het vir hulle gesorg, maar hy het nooit weer by hulle geslaap nie. Solank hulle geleef het, het hulle so eenkant gebly. Hulle was eintlik maar so te sê weduwees.

4. Die koning het vir Amasa gesê: “Maak al die manne van Juda wat kan veg, vir my binne drie dae bymekaar. Sorg dat jy self ook hier is.”

5. Amasa het die manne bymekaar gaan maak, maar dit het langer gevat as drie dae.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 20