Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:1-6 Die Boodskap (DB)

1. Salomo het ’n vierkantige bronsaltaar van tien by tien meter gemaak. Die altaar was vyf meter hoog.

2. Hy het ’n groot, ronde waterbak met ’n deursnee van vyf meter in brons laat giet. Dit is die “see” genoem en was twee en ’n half meter hoog, met ’n omtrek van vyftien meter.

3. Die see is reg rondom versier met twee rye figure wat soos osse gelyk het. Hulle is in een stuk saam met die see gegiet.

4. Die see het op twaalf beelde van beeste gerus. Die beeste het drie-drie in die verskillende windrigtings gekyk: drie na die noorde, drie na die weste, drie na die suide en drie na die ooste. Hulle agterkante was bymekaar en die see het daarop gerus.

5. Die dikte van die see se metaal was omtrent nege sentimeter. Die rand was in die vorm van ’n leliekelk, soos ’n beker se rand. Die see kon oor die 60 kiloliter water hou.

6. Salomo het tien wasskottels laat maak. Hulle is vyf-vyf aan die regter- en linkerkant neergesit. Dié skottels is gebruik om die goed te was wat geoffer moes word, maar die priesters het hulleself in die see gewas.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4