Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 24:23-27 Die Boodskap (DB)

23. Teen die einde van die jaar het die Arameërs Joas aangeval. Hulle het Juda en Jerusalem ingeval en al die leiers doodgemaak. Hulle het al die goed wat hulle gevat het, na hulle koning in Damaskus teruggestuur.

24. Die Aramese leër was baie kleiner as die Judeërs s’n, maar die Here het die Arameërs gehelp. Juda het die Here, die God van hulle voorouers, verlaat. Daarom het Hy hulle die oorlog laat verloor. So is Joas gestraf vir sy sondes.

25. Toe die Arameërs terugtrek, het hulle Joas swaar gewond agtergelaat. Joas se eie amptenare het toe teen hom saamgesweer om hom terug te betaal vir Sagaria se dood. Hulle het Joas in sy bed vermoor.Joas is in die Dawidstad begrawe, maar nie in die koningsgrafte nie.

26. Sy moordenaars was Sabad, Simat die Ammoniet se seun en Josabad, Somer die Moabiet se seun.

27. Oor sy seuns, die swaar belasting wat hy aan ander konings moes betaal en sy herstelwerk aan die tempel van God, kan ’n mens meer lees in Die Kommentaar op die Koningsboek.Sy seun Amasia het hom opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 24