Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 22:1-4 Die Boodskap (DB)

1. Die mense van Jerusalem het vir Ahasia, Joram se jongste seun, koning gemaak. Hy was al wat oor was nadat die bende wat hulle saam met die Arabiere aangeval het, al die ouer kinders doodgemaak het.Ahasia, koning Joram se seun, het toe koning geword.

2. Hy was 22 en hy het net ’n jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Atalia, ’n dogter van Omri.

3. Hy het ook soos die ander konings van Israel opgetree, want sy ma, Atalia, was sy raadgewer oor godsdienstige sake.

4. Hy het dinge gedoen wat vir die Here totaal en al onaanvaarbaar was. Hy was net soos Agab se familie. Na sy pa se dood was hulle sy raadgewers. Dit het tot sy ondergang gelei.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 22