Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 12:10-16 Die Boodskap (DB)

10. Koning Rehabeam het toe bronsskilde in die plek daarvan gemaak. Hy het dit in die sorg gelaat van die bevelvoerders van die wagte wat die tempel se ingang opgepas het.

11. Wanneer die koning tempel toe gegaan het, het die wagte die skilde saamgedra. Daarna het hulle dit in die wagkamer teruggesit.

12. Omdat Rehabeam jammer was oor sy sonde, het die Here hom vergewe en nie vir hom kwaad gebly nie. Die Here het hom nie totaal vernietig nie.

13. Rehabeam het sy posisie in Juda versterk en aanhou regeer. Hy was 41 toe hy koning geword het en hy het sewentien jaar lank in Jerusalem regeer. Dit is die stad wat die Here onder al die stamme van Israel uitgekies het as die plek waar Hy vereer wou word. Rehabeam se ma was Naäma, ’n Ammonitiese vrou.

14. Hy was nie ’n goeie koning nie, want hy het nie gedoen wat die Here wou hê nie.

15. Die res van Rehabeam se geskiedenis, van begin tot einde, is opgeskryf in Die Herinneringe van Semaja, die Profeet en Die Herinneringe van Iddo, die Siener en in die amptelike geslagsregisters. Rehabeam en Jerobeam het gedurig teen mekaar oorlog gemaak.

16. Na Rehabeam se dood is hy in Jerusalem begrawe. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 12