Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10:12-19 Die Boodskap (DB)

12. Drie dae later het Jerobeam en al die ander mense teruggekom soos Rehabeam versoek het. Hulle wou graag hoor wat die koning besluit het.

13. Rehabeam het toe baie lelik met hulle gepraat omdat hy die raad van die ouer raadgewers verwerp het

14. en na die jongmanne geluister het. Hy het gesê: “My pa was kwaai met julle, ek sal nog kwaaier wees; hy het ’n sweep gebruik, ek sal julle met gésels slaan!”

15. Die koning het glad nie geluister na die mense se versoek nie. Dit was soos God beplan het. So het die profesie van die Here waar geword wat die profeet Agija van Silo teenoor Jerobeam uitgespreek het.

16. Toe die hele Israel besef dat die koning hulle versoek verwerp het, het hulle hom toegesnou: “Dawid is niks van ons nie! Ons het geen saak met Isai se seun nie! Laat ons almal teruggaan huis toe, Israel! Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!”Hulle is toe almal terug huis toe.

17. Rehabeam het slegs koning gebly oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.

18. Koning Rehabeam het daarna vir Hadoram, sy bevelvoerder oor die dwangarbeid, gestuur om die orde te herstel. Die Israeliete het hom aangeval en met klippe doodgegooi. Toe dié nuus koning Rehabeam bereik, het hy blitsvinnig op sy strydwa gespring en Jerusalem toe gevlug.

19. Die noordelike stamme van Israel het van toe af geweier om deur ’n afstammeling van Dawid regeer te word. Dit is vandag nog so.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 10