Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 3:3-11 Die Boodskap (DB)

3. Samuel het in die heilige deel van die tempel van die Here geslaap waar die verbondsark van God gestaan het. Voor dit die môre lig word en die lamp in die tempel doodgeblaas word,

4. het die Here Samuel geroep. “Ja, ek kom,” het hy geantwoord

5. en gou na Eli toe gegaan. “U het my geroep. Het u my nodig?” het hy gevra. “Nee, ek het jou nie geroep nie,” het Eli geantwoord. “Gaan lê maar weer.” Hy het toe weer gaan lê.

6. Die Here het weer geroep: “Samuel!” Samuel het opgestaan en na Eli toe gegaan en vir hom gesê: “U het my geroep. Het u my nodig?” Eli het weer geantwoord: “Nee, ek het jou nie geroep nie, my kind. Gaan lê maar weer.”

7. Samuel het toe nog nie die Here geken nie, want die Here het nog nie met hom gepraat nie.

8. Die Here het Samuel die derde keer geroep. Hy het na Eli toe gegaan en gesê: “U het my geroep. Het u my nodig?” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het.

9. Eli sê toe vir Samuel: “Gaan lê, en as Hy jou weer roep, sê jy: ‘Praat maar, Here, u dienaar luister.’” Samuel het weer op sy plek gaan lê.

10. Die Here het gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel! Samuel!”Toe antwoord Samuel: “Praat maar, u dienaar luister.”

11. Die Here het toe vir Samuel gesê: “Ek gaan binnekort iets in Israel doen wat elkeen wat dit hoor, se twee ore sal laat tuit.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 3