Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 16:3-6 Die Boodskap (DB)

3. Nooi vir Isai na die ete by die offer, dan sal Ek vir jou sê wat jy moet doen. Salf dan die een wat Ek jou sal wys.”

4. Samuel het gemaak soos die Here vir hom gesê het. Toe hy in Betlehem aankom, het die mense geskrik en die leiers van die dorp het na hom toe gekom en gevra: “Kom u omdat hier ’n probleem is?”

5. “Nee, daar’s nie ’n probleem nie,” sê hy. “Ek het net vir die Here kom offer. Was julle en trek skoon klere aan, dan kan julle saam met my van die offervleis eet.”Hy het ook vir Isai en sy seuns gesê om dit te doen en hulle na die ete by die offer genooi.

6. Toe Isai en sy seuns inkom, sien Samuel vir Eliab raak en dink: “Dís die man wat die Here wil laat salf.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 16