Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 7:1-14 Die Boodskap (DB)

1. Issaskar se vier seuns was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.

2. Tola se seuns was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n familiehoof van afkoms en hulle was dapper soldate. Hulle was in Dawid se tyd 22 600 mense sterk.

3. Ussi se seun was Seragja en Seragja se seuns was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Al vyf van hulle was familiehoofde.

4. Hulle was verantwoordelik vir gevegskompanies met ’n totaal van 36 000 soldate, want hulle het baie vroue en kinders gehad.

5. Hulle stamgenote in die res van die Issaskarstam was 87 000 soldate, wat almal geregistreer was.

6. Benjamin het drie seuns gehad: Bela, Beker en Jediael.

7. Bela se vyf seuns was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 22 034 soldate geregistreer.

8. Beker se seuns was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet.

9. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag is 20 200 soldate geregistreer.

10. Jediael se seun was Bilhan en sy seuns Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar.

11. Elkeen was ’n familiehoof en hulle was dapper soldate. Uit hulle nageslag was daar 17 200 wat vir militêre diens opgeroep kon word.

12. Suppim en Guppim was Ir se seuns en Gussim was Ager s’n.

13. Naftali se seuns was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.

14. Manasse se kinders by sy Aramese houvrou was Asriël en Makir, Gilead se pa.

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 7