Ou Testament

Nuwe Testament

1 Kronieke 11:20-33 Die Boodskap (DB)

20. Abisai, Joab se broer, was die leier van die Dertigtal. Hy het met sy spies 300 man doodgemaak en vir homself naam gemaak onder die soldate.

21. Hy was die beroemdste van die Dertigtal en was hulle aanvoerder, al was hy nie een van die Drietal nie.

22. Benaja, Jojada se seun, het van Kabseël af gekom. Hy was dapper en ’n man van die daad. Hy het eenkeer twee van Moab se dapperste vegters doodgemaak. ’n Ander keer het hy op ’n dag wat dit gesneeu het, in ’n put afgeklim en die leeu doodgemaak wat daarin was.

23. Op ’n ander keer het hy ’n Egiptenaar doodgemaak wat twee en ’n kwart meter lank was. Die Egiptenaar se spies was so dik soos die dwarsbalk van ’n weefstoel. Benaja het net ’n stok by hom gehad, maar hy het die Egiptenaar se spies uit sy hand geruk en hom met sy eie spies doodgemaak.

24. Dít is die tipe dinge wat Benaja gedoen het en waarmee hy so beroemd soos die Drietal geword het.

25. Hy is hoër geag as die res van die Dertigtal, maar was nie een van die Drietal nie. Dawid het hom in bevel van sy lyfwag geplaas.

26. Die dapper helde was verder: Asael, Joab se broer; Elganan, Dodo se seun uit Betlehem;

27. Samma uit Garod; Geles uit Pelet;

28. Ira, Ikkes se seun uit Tekoa; Abiëser uit Anatot;

29. Sibbekai uit Gusa; Ilai uit Agoag;

30. Marai uit Netofa; Geled, Baäna se seun uit Netofa;

31. Ittai, Ribai se seun uit Gibea in Benjamin; Benaja uit Piraton;

32. Hiddai uit Nagale-Gaäs; Abi-Albon uit Bet-Araba;

33. Asmawet uit Bagurim; Eljagba uit Saälbon;

Lees volledige hoofstuk 1 Kronieke 11