Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 5:4-13 Die Boodskap (DB)

4. Met my gaan dit baie goed, want daar is oral vrede. Op die grense van die land is dit rustig; daar is geen gevaar van enige vyand nie.

5. Die Here het lank gelede vir my pa gesê dat hy nie die tempel moet bou nie, maar dat sy opvolger dit sal doen. Ek het besluit om nou daarmee te begin. Ek wil die tempel bou sodat daar ’n plek kan wees waar ek die Here my God sal kan aanbid.

6. Ek wil u vra om my te help. Stuur asseblief u manne na die Libanon om daar vir my seders te gaan kap. My manne sal dit hier verder saam met u manne bewerk. Soos u weet, kan my mense nie so goed bome kap soos u manne nie. Onthou, ek sal u mense betaal wat u ook al vra.”

7. Hiram was baie bly oor Salomo se boodskap en het gesê: “Loof die Here vandag omdat hy Dawid so ’n slim seun gegee het. ’n Seun wat hom kon opvolg en die koning van ’n groot nasie kon word.”

8. Hiram het nie gras onder sy voete laat groei nie en hy het Salomo geantwoord: “Dankie vir u boodskap. Ek is bereid om te help en sal u van seders en sipreshout voorsien.

9. My manne sal die boomstompe van die Libanon af na die see toe sleep. Daar sal hulle dit aan mekaar vasmaak en die vlotte met die see langs laat afkom tot waar u dit wil hê. Daar sal my manne dit weer losmaak en u manne kan dan oorneem. U moet asseblief net genoeg kos aan my mense voorsien.”

10. Hiram het Salomo al die seders en sipresse laat kry wat hy nodig gehad het.

11. Salomo het op sy beurt elke jaar vir Hiram 2 000 ton koring en 4 400 liter suiwer olyfolie gestuur.

12. Die Here was goed vir Salomo en het hom die nodige wysheid gegee om goed te regeer. Die verhouding tussen Salomo en Hiram was uitstekend en hulle het ’n vredesooreenkoms gesluit.

13. Koning Salomo het 30 000 man van oor die hele Israel opgeroep om met al die bouprojekte te help.

Lees volledige hoofstuk 1 Konings 5