Ou Testament

Nuwe Testament

Titus 3:1-7 Die Boodskap (DB)

1. Sê baie duidelik vir die gelowiges om te luister na alles wat die owerhede sê. Hulle mag nie in opstand kom teen mense wat in leiersposisies is nie. Hulle moet ook elke kans aangryp wat hulle kry om goed te doen.

2. Leer hulle ook om nie van ander mense sleg te praat nie. Hulle moenie moeilikheid soek nie. Nee, hulle moet vriendelik en sensitief wees. Hulle moet met deernis teenoor almal optree.

3. Vroeër het ons ook in dwaasheid geleef. Ons het ons glad nie aan God gesteur nie. Ons was op die verkeerde pad. Die sonde was ons baas. Ons kon eenvoudig nie genoeg daarvan kry nie. Die een afstootlike sonde na die ander was ons kos. Seksuele begeertes het ons vernietig. Haat en geweld was ons meester. Ons het ander mense niks gegun nie.

4. Maar toe gebeur daar ’n wonderwerk: God ons Verlosser het vir ons kom wys hoe lief Hy ons het. Sy goedheid was nie lippetaal nie. Nee,

5. Hy het ons verlos. Hy het dit nie gedoen omdat ons so goed geleef het sodat Hy ons moes verlos nie. Nee, Hy het dit gedoen omdat Hy ons baie jammer gekry het. God het ons heeltemal nuut gemaak. Ons is ’n tweede keer gebore toe ons sy kinders geword het. Toe is al ons sondes afgewas. God het ook deur die Heilige Gees nuwe lewe aan ons gegee.

6. God het ook nie net ’n klein stukkie van die Heilige Gees aan ons gegee nie. Nee, deur die toedoen van Jesus Christus, ons Verlosser, het Hy die Heilige Gees in sy volheid oor ons uitgegiet.

7. Omdat Hy so goed is vir ons, het Hy al ons sondes afgeskryf. Dit tel nie meer teen ons nie. Ons is nou God se erfgename. Ons erfporsie is die ewige lewe. Ons is volspoed onderweg daarheen.

Lees volledige hoofstuk Titus 3