Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:3-10 Die Boodskap (DB)

3. Hy het vir Jesus kom sê: “Kyk, as jy regtig God se Seun is, sê dan vir hierdie klippe om in brood te verander.”

4. Jesus het egter dadelik ’n antwoord vir Satan gereed gehad: “Daar staan in die Bybel geskryf: ‘’n Mens leef nie net van brood nie. Nee, ’n mens leef van alles wat God sê.’”

5. Daarna het die duiwel Jesus na Jerusalem toe gevat. Daar het hy Hom op die hoogste punt van die tempel laat staan.

6. Hy sê toe vir Jesus: “Bewys dat jy regtig God se Seun is. Spring hier af! Daar staan mos in die Bybel geskryf: ‘God het vir sy engele gesê dat hulle jou moet beskerm. Hulle sal jou op hulle hande dra sodat jy nie eens jou voet teen ’n klip sal stamp nie.’”

7. Toe sê Jesus vir die duiwel: “Ja, maar daar staan ook in die Bybel geskryf: ‘Jy mag nie die Here jou God uittart nie.’”

8. Die duiwel was egter nog nie klaar met sy versoekings nie. Hy het Jesus na die top van ’n baie hoë berg gevat. Van daar af het hy Hom al die lande van die wêreld gewys met al hulle glans en rykdom.

9. Toe sê hy vir Jesus: “Dit alles is joune. Ek gee jou al hierdie lande op ’n skinkbord. Daar is egter net een voorwaarde: buig gou voor my en aanbid my as jou god.”

10. Daarop het Jesus skerp gereageer: “Gee dadelik pad van My af, Satan! Die Bybel sê: ‘Jy moet net die Here as jou God aanbid. Hom alleen moet jy dien.’”

Lees volledige hoofstuk Matteus 4