Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4:22-24 Die Boodskap (DB)

22. Hulle het uit hulle boot geklim, hulle pa gegroet en agter Jesus aangestap.

23. Nadat Jesus sy eerste dissipels geroep het, het Hy oral in Galilea begin preek. In die sinagoges waar die Jode bymekaargekom het om God te aanbid, het Hy die mense geleer. Jesus het baie goeie nuus vir hulle gehad: Hy het vir hulle gesê dat God se splinternuwe wêreld aangebreek het. Om te wys dat Hy die waarheid praat, het Jesus elke siekte en kwaal waaraan hulle gely het, gesond gemaak.

24. Jesus was gou-gou groot nuus. Kort voor lank het omtrent almal in die provinsie Sirië van Hom geweet omdat Hy sulke groot wonderwerke gedoen het. Mense het hulle siekes na Hom toe gebring. Duiwelbesetenes, verstandelik versteurdes en verlamdes - almal wat na Jesus toe gebring is, het Hy gesond gemaak.

Lees volledige hoofstuk Matteus 4