Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 13:53-58 Die Boodskap (DB)

53. Jesus is van die meer af terug huis toe.

54. Later is Hy na die byeenkoms van die Jode toe waar Hy lank met die mense oor God se nuwe wêreld gesels het. Hy het aan hulle verduidelik hoe hulle dit moet verstaan. Dit het die mense baie nuuskierig aan die praat gesit. “Waar kom hy aan al hierdie kennis en die krag om hierdie wonderlike dinge te doen?” het hulle gewonder.

55. “Is sy pa nie maar ’n eenvoudige skrynwerker nie? By hom kon hy dit sekerlik nie geleer het nie! En die res van sy familie? By hulle ook nie. Ons ken hulle almal goed, van sy ma Maria af, sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas en sy susters ook, die hele klomp van hulle.

56. “Hulle is maar ongeleerde mense net soos ons. Dit kon nie een van hulle gewees het wat hom dit geleer het nie. Nou wonder ons, waar kom hy aan alles?” Met alles wat Hy geweet en gedoen het, het Hy vir hulle soos ’n vreemdeling gevoel. Hulle kon Hom nie verstaan nie en het nie gevoel dat Hy deel van hulle was nie.

57. Daarom het hulle hul skouers vir Hom opgetrek en gemaak asof hulle Hom nie raaksien nie. Jesus was gelate daaroor: “Nou ja, so gaan dit maar. Oral erken mense dat hulle by My die boodskap van God duidelik hoor. Maar hier by die huis hou my eie mense hulle snaaks en wil niks hoor en nie na rede luister nie.” Jesus het nie eens verder gesukkel nie.

58. Omdat hulle Hom so sleg behandel het, het Hy nie juis veel wonderwerke daar gedoen nie.

Lees volledige hoofstuk Matteus 13