Ou Testament

Nuwe Testament

Lukas 4:41-44 Die Boodskap (DB)

41. Wanneer hierdie duiwels die mense verlaat het, het hulle hard geskree: “U is die Seun van God, U is die Seun van God!” Maar Jesus het hulle beveel om stil te bly. Die bose magte het baie goed geweet dat Hy die Messias is, die Een wat deur God gestuur is om mense te kom verlos. Maar Jesus wou nie hê dat die duiwels moes sê wie Hy is nie. Hy wou dit self doen, op sy eie manier.

42. Die volgende oggend toe dit lig word, het Jesus na ’n verlate plek toe vertrek om ’n bietjie alleen te wees. Die skare het agtergekom dat Hy weg is. Hulle het oral in die omgewing na Hom begin soek. Uiteindelik het hulle Jesus opgespoor. ’n Groot klomp mense het op Hom toegesak. Jesus kon amper nie beweeg nie, so baie mense was daar.

43. Hy het vir hulle gesê: “Ek kan nie net vir julle preek nie. Ek moet die goeie nuus oor God se nuwe wêreld nog in baie ander plekke gaan bekendmaak. Dit is waarvoor God My gestuur het.”

44. Jesus het in die verskillende sinagoges van die Jode gepreek.

Lees volledige hoofstuk Lukas 4