Ou Testament

Nuwe Testament

Hebreërs 8:9-13 Die Boodskap (DB)

9. Dit sal heeltemal anders wees as die ooreenkoms wat Ek met hulle voorgeslagte gemaak het. Ek praat van die ooreenkoms wat Ek met hulle gemaak het toe Ek hulle veilig uit Egipte uitgelei het. Maar hulle het nie hulle deel van die ooreenkoms nagekom nie. Daarom het Ek ook nie meer my deel van die ooreenkoms nagekom nie en my rug vir hulle gedraai.”Dit het die Here gesê. Maar die Here het verder gegaan:

10. “Ek sal in die toekoms ’n nuwe ooreenkoms met my mense maak. Ek sal seker maak dat hulle nooit sal vergeet wat Ek van hulle wil hê nie. Wat Ek van hulle verwag, sal Ek deel van hulle lewe maak. Ek sal vir hulle hulle God wees en hulle sal my mense wees.

11. Dit sal nie meer vir hulle nodig wees om onder mekaar te sê nie: ‘Jy moet meer erns maak om die Here te leer ken.’ Hulle almal sal My persoonlik ken, klein en groot.

12. Ek sal al die dinge oorsien wat hulle verkeerd gedoen het en hulle foute sal My nie meer pla nie.”

13. As God so praat oor die nuwe ooreenkoms, beteken dit mos dat die ou ooreenkoms verby is. As dit verby is, hoef ’n mens jou mos nie meer daaraan te steur nie. Net ’n rukkie, dan dink mense nie meer daaraan nie.

Lees volledige hoofstuk Hebreërs 8