Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 9:5 Die Boodskap (DB)

Om seker te maak dat die insameling van die kollekte daar by julle glad verloop, het ek besluit om hierdie broers solank na julle toe te stuur. Hulle sal julle kom help om julle offer vir Jerusalem betyds gereed te kry. Julle het immers al lankal belowe dat julle dit sal gee. Maar dink asseblief eers goed oor die saak na en maak julle bydraes op die regte manier bymekaar. Onthou, dit moet regtig ’n dankoffer wees, nie iets wat van julle afgepers is nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 9

Kyk 2 Korintiërs 9:5 in konteks