Ou Testament

Nuwe Testament

2 Korintiërs 11:23-28 Die Boodskap (DB)

23. Dink hulle miskien dat hulle sulke wonderlike dienaars van Christus is? Wel, ek is ’n nog beter dienaar van Christus as hulle. Nou raak ek totaal uitspattig!

24. Ek het harder gewerk as al daardie mense. Male sonder tal is ek in die tronk gegooi. Ek is meer kere geslaan as wat ek kan onthou. Dikwels het my lewe aan ’n draadjie gehang. Vyf maal het die Jode my laat gesel deur my die gebruiklike 39 houe te slaan.

25. Drie maal is ek met stokke toegetakel. Een keer is ek met klippe gegooi en vir dood agtergelaat. Drie keer het die skip waarop ek was, gesink. ’n Ander keer moes ek ’n hele dag en nag op die oop see ronddryf.

26. Ek het ook al die wêreld vol gereis. En ek moes al ’n groot klomp gevare trotseer: vol riviere; rowers wat my wou aanrand; my eie volksgenote en ander mense wat nie aan Israel behoort nie wat my prediking verwerp het; gevare in die stede en in woestyne; storms op die see en vals gelowiges wat my in die steek gelaat het.

27. Ek moes ook baie hard werk. Baie nagte het ek nie ’n oog toegemaak nie. Dikwels het ek niks gehad om te eet of te drink nie. Kos was maar altyd ’n skaarste. Ek het ook nie altyd genoeg warm klere gehad om my teen die koue te beskerm nie.

28. Asof dit nie genoeg is nie, moet ek ook nog elke dag ’n groot klomp krisisse hanteer. Die verskillende gemeentes se probleme lê swaar op my hart.

Lees volledige hoofstuk 2 Korintiërs 11