Ou Testament

Nuwe Testament

1 Petrus 3:1-3 Die Boodskap (DB)

1. Dieselfde geld ook vir vroue. Wees ’n goeie vrou vir jou man. Doen wat hy van jou verwag. Die manier waarop julle in die gesin leef, is belangrik. As daar byvoorbeeld ’n man is wat nie na die Woord van God wil luister nie,

2. moet die manier waarop jy as vrou leef, hom oortuig dat dit waarin jy glo, die waarheid is. Jou lewe praat baie harder as jou woorde. Dit is eintlik nie eens nodig om baie met jou man oor God te praat as jy leef soos Hy wil hê nie. So sal jy vir jou man wys hoe wonderlik God is.

3. Ek vra julle: Wanneer is ’n vrou regtig mooi? Vir ’n Christen sit skoonheid nie aan die buitekant nie, maar dit kom van binne. Moenie julle te veel daaroor bekommer of julle klere in die mode is en julle hare pragtig versorg is nie. Mooi juweliersware is ook nie nodig om julle mooi te maak nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Petrus 3