Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korintiërs 5:1-5 Die Boodskap (DB)

1. Iemand het my vertel dat daar in die gemeente mense is wat baie onsedelik leef. Ek het gehoor dit is so erg dat selfs die nie-Christene hulle skaam en nooit sulke dinge sal doen nie. Neem byvoorbeeld daardie twee wat soos man en vrou saamleef, maar eintlik is hulle kind en stiefma.

2. En dan dink julle julle is soveel beter as ander mense. Moet dit nie liewer julle hart breek nie? Behoort julle nie liewer mense wat sulke dinge aanvang te waarsku dat hulle uit die gemeente gesit sal word as hulle so voortgaan nie?

3-4. Hoewel ek nie self daar is nie, is ek in my gedagtes by julle. Ek het mooi nagedink wat ek met sulke mense sou doen as ek daar was. Hulle kan nie so aangaan nie. Kom bymekaar as gemeente wat onder die gesag van die Here Jesus staan. Ek sal in my gedagtes ook daar by julle wees. Die Here Jesus sal vir julle die krag gee om te doen wat reg is.

5. Gooi daardie onsedelike man uit die gemeente uit sodat hy kan voel hoe dit is om sonder die Here in die greep van Satan te leef. So sal die sonde wat hy so lustig doen vir hom sleg begin word. Hy sal besef dat die gevolge daarvan nie so lekker is as wat dit altyd lyk nie. Dan sal hy terugdraai na God toe en wanneer die Here weer kom, sal hy weer aan die kant van God staan.

Lees volledige hoofstuk 1 Korintiërs 5