Ou Testament

Nuwe Testament

Sagaria 8:17-23 Bybel vir Almal (ABA)

17. “Julle moenie planne maak om dit sleg te laat gaan met ander mense nie. Julle moenie dinge belowe wat julle nie wil doen nie, want dit is iets wat Ek haat,” sê die Here.

18. Die Here wat oor alles regeer, het met my gepraat.

19. Hy het gesê: “Die mense van Juda het gevas in die vierde maand, of in die vyfde maand, of in die sewende maand, of in die tiende maand. Maar nou sal hulle op daardie dae bly wees en feesvier en bymekaarkom. Hulle sal die waarheid praat met mekaar en hulle sal lief wees vir mekaar.”

20. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daar sal nog iets gebeur: Mense sal kom, hulle sal uit baie stede kom.

21. Die mense van een stad sal na ’n ander stad gaan en sê: ‘Kom ons gaan bring ’n offer vir die Here, die Here wat oor alles regeer. Kom ons gaan vra wat Hy wil hê ons moet doen. Ek wil ook gaan.’

22. Baie volke, volke wat groot en sterk is, sal na Jerusalem kom om vir My te vra wat Ek wil hê hulle moet doen, en hulle sal vir My ’n offer bring, vir My, die Here wat oor alles regeer.”

23. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Mense van die baie ander volke sal vashou aan die klere van die mense van Juda. Tien manne sal vashou aan een man se klere en sê: ‘Ons wil saam met julle gaan, want ons het gehoor God is by julle.’ ”

Lees volledige hoofstuk Sagaria 8