Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 8:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Niemand kan die wind laat ophou waai nie, niemand kan besluit wanneer hy moet sterf nie en niemand kan vry wegkom uit ’n oorlog nie. As iemand verkeerd doen, dan sal dít wat hy doen, ook nie vir hom red nie.

9. Ek het dit alles gesien en ek het alles probeer verstaan wat mense in hierdie wêreld doen, in hierdie tyd wanneer mense oor ander mense regeer en hulle laat swaarkry.

10. Ek het ook gesien dat mense wat verkeerd doen, sterf en begrawe word, hulle is weg vir altyd, mense vergeet dat hulle daar was. Maar die mense van ’n stad dink ook nie meer aan iemand wat van die tempel kom en reg gedoen het nie. Ook dít is nie soos dit moet wees nie.

11. Wanneer mense verkeerd gedoen het, en jy straf hulle nie dadelik nie, dan sal hulle aanhou om verkeerd te doen,

12. want ’n sondaar kan 100 maal verkeerd doen en nog lank lewe. Maar dít weet ek ook: Dit sal goed gaan met die mense wat vir God respekteer en Hom dien,

13. en dit sal nie goed gaan met ’n mens wat verkeerd doen en wat nie vir God respekteer en dien nie. Hy sal nie lank lewe nie. Hy sal soos ’n skaduwee gou verdwyn.

Lees volledige hoofstuk Prediker 8